Gallery

Ek wil graag my en my seun Andre se jagervaring met julle deel. So Februarie vanjaar word ek deur een van my verskaffers uitgenooi vir n jagtog.Hy het nog nooit gaan jag nie so hy vra toe vir my om alles te reel.Man is dit nou lekker om goed te reel en nie aan n begroting te dink nie,of so het ek gedink,glo my dit is nie maklik nie.Ek begin vir n vale deur  advertensies te bel,wat ek dink is aanvaarbaar,lyk net nie reg nie,of te duur of te goedkoop,of ek dink Masimo(die ou wat vir alles gaan betaal) gaan dink ek probeer hom indoen.Na n helse gespartel bel ek hom toe en vra dat hy my n begroting moet gee( ja ek weet dit was stupid om nie eers vir n begroting te vra nie,maar so leer ons maar),toe gaan dit darem makliker.

Ek besluit toe op n plaas (BUSHVELD GAME FARM) daar in die Nylstroom area sowat 2 ure van Johannesburg.Lekker naby,baie goeie pryse en n verskeidenheid wild om te jag.Ek en die plaasboer Ruan vind mekaar sommer gou op die lyn en gesels asof ons mekaar al jare ken.Hy is n jongman maar weet wat hy in die lewe wil he.Ruan jammer dat ek jou so baie gepla het,maar ek wou graag die manne beindruk.Daar word toe besluit op 8 ouens,hy en drie pelle,ek my seun,neef Braam en vriend Chris. Ons vier het al saam gejag so ons weet wat om van mekaar te verwag,maar die ander vier ken ek nog nie,net met Masimo oor die foon besigheid gedoen.Ek reel toe n skietoefening vir so twee weke voor ons vertrek datum,braai n wildsworsie en leer die manne ken.Is heel verbaas in die manne se gesindheid,hulle het nog nooit aan n roer gevat nie,maar is baie gewillig om te leer.Dit gaan net so bietjie moeilik om mekaar altyd te verstaan,want sien die klomp praat engels en ek is nou nie eintlik so tweetalig nie,maar waar daar n wil is,is daar n weg.Na almal rustig geraak het en die .22s goed leer ken het,en ek gedink het hulle is reg het ek die groot goed uitgehaal(.303 en die kanon,9.3x62 soos die engelse hom toe daai dag gedoop het).Toe raak die klomp nie-jagters mos nou vir jou opgewonde,want kyk toe ek nou eers kyk of die roere darem nog skiet waar ek mik,wil nie een van hulle toe meer jag nie.

Nou kyk ek is so 6 voet twee en weeg darem n 130kg,die lot van hulle raak so aan 5 voet en weeg omtrent so bietjie meer as n sak sement.Nou word daar eers weer kajuitraad gehou en ek motiveer hulle maar so bietjie(soos oorle Pa vir my gese het,JY SKIET NOU NIE N BOK MET N .22 NIE SLEGS .303 OF GROTER,net so se ek vir hulle in oorle Pa se stemtoon),toe gaan die skietery darem weer aan.Toe almal darem op so honderd en twintig tree 3 skote namekaar in n groep van 4 duim inkry stop ek toe maar vir hulle onthalwe(blouskouers seer nekke ens.) die oefening.Vertel toe vir hulle van die tydskrif SA JAG en se hulle moet die boek aan die hande kry en kyk watse bok hulle nou wil jag,tipe, manlik/vroulik ens.Se toe vir hulle om te kyk waar die blad is en die prentjie te memoriseer.

Eindelik daag die naweek van die 23/06/06 toe aan.Vrydag 07h00 op die plaas gekom,ry sommer dadelik na die "skietbaan" toe om seker te maak dat al die roere nog reguit skiet.Die vier engelse,Andre en Braam is toe saam met hul gidse die veld in.Ek en Chris is solank kamp toe om uit te pak en middagete reg te kry, nou laat ek dit so stel,ons het uitgepak, vuurgemaak,maar geniet die kamp toe so baie en die uitpakkery en die vuurmaak dat toe neef en Andre daar kom toe braai hulle eerder,want sien die sand is baie dik daar waar ons gesit het dat dit moeilik was om rond te beweeg en dat ons baie moeg was,drink ons toe n energie drankie,maar glo my ons twee soek nou nog na die produseerders van daai energie drankie,want kyk daarna wou ons net slaap.Nee kyk julle moet baie versigtig wees in dik sand en "energie drankies". Ons stel toe sommer gou n reel in dat die ou wat die eerste bok skiet die res van die naweek niks in die kamp hoef te doen nie.Ek en Chris weet nou nog nie hoekom die ouens nie weer hiedie reel wil maak nie.Vrydag middag is die selfde ouens weer uit bos toe,want kyk ek en Chris het mos nou al baie gejag en ek wil mos darem dat die jongklomp eers hulle bokke laat skiet voor die grootwildjagters die bos in vaar.Ons sal maar klaar afpak en solank die aandete maak,want om 3 plat hoenders gebraai te kry vat mos tyd,die kole moet mos net reg wees.Gelukkig kom Braam en Andre voor die engelse by die kamp,Braam darem met n mooi blesbokooi en Andre met seer voete,maar hy het blykbaar baie wild gesien,koedoes,blouwildebeeste en rooibokke,maar soos dit maar werk die wat hy mag skiet(onthou die begroting) wil nou maar net nie stilstaan nie.Ek moes maar toe mooi praat en verduidelik en hy verstaan toe gelukkig weer mooi.

Die engelse het so teen 18h00 die kamp ingestrompel,maar was darem nog positief.So teen 19h00 hoor ek die manne begin kla,dat hulle honger is,maar soos julle mos weet was die kole nog nie perfek soos ek dit wou he nie.Braam en Andre oortuig toe vir my en Chris dat hulle weet hoe om met gewone kole te braai en dat dit nie altyd nodig is dat die kole perfek hoef te wees nie.Aangesien ons twee grootwildjagters nog baie moeg was van die afpakkery laat ons die twee manne maar aangaan,moet nou self erken die kole hoef nie altyd perfek te wees nie.

Saterdag oggend gaan Andre se selfoon darem 05h00 af en ek staan toe maar op, en maak koffie met Braam se hulp,skree so deur die venster vir hom wat om te doen.Twee van die engelse,Mas.,en Rambo, vra toe of hulle nie eerder met die 09h00 skof kan uitgaan nie,want hulle is nog n bietjie moeg.Aangesien die koffie klaar gemaak was en daar darem niks te doen was in die kamp nie behalwe afpak en ek en Chris gaan dit mos doen,se ek toe hulle kan maar n bietjie inle en dat daar buitendien genoeg ouens klaar reg was om uit te gaan.Hierby 10h00 se kant, ek dink eerder dit was so 05h30 vra die klomp in die kamp wat ons gaan eet,gelukkig het my vrou vir ons n spyskaart by die werk getik,so toe kommandeer ek die eerste ou wat die lys kry om te maak wat op die lys staan.Braam kry die lys so wragtig toe onder in my klere sak wat nog in die bakkie le en toe moedig ek hom maar aan om die brunch te maak.Ek dog alles is toe uitgesort,maar hulle kry nie die kruideniersware nie,want dit is nog in die ventertjie, wat ek en Chris nog gaan uitpak.So teen 13h00 eet ons toe n laat brunch.Die twee wat uitgegaan het kom toe terug met die nuus dat daar n rooibokooi gekwes is.Ek is toe mos hoogs ontsteld en lees die leviete vir hulle voor,ek het hulle mos nie so geleer nie.Ek laat hulle darem iets eet en stuur hulle saam met hulle gidse terug die bos in of soos Prof.,dit noem die JUNGLE in.Kom so 15h00 weer terug kamp toe, maar hulle kon slegs twee klein druppels bloed kry.Tot die spoorhond Richelieu (of was die hond se naam energie drankie,ek is nou self n bietjie deurmekaar) kon nie hond haaraf maak nie.Prof. was baie teleurgesteld maar hy was gou weer terug in die JUNGLE om te kyk of hy nie sy ongeluk kon regstel nie.Hy het selfs die volgende stelling aan die plaasboer gemaak" Ruan i know your guides want too watch the rugby(sprinbokke/franse 24/06/06) but there is no animals in your pub only in the jungle",moet self se hy het die regte gesindheid van n grootwildjagter,(dalk word hy nog n grootwild jagter) .

Ek het intussen nou al met die boer gereel om n eland te skiet want kyk ek mag mos n koedoebul en blouwildebeesbul skiet vir R5000-00 ja dit is reg,ek het mos gese die pryse is goed,en omdat hy n Livingstone eland vir my sal gee vir R6000-00 oorreed ek toe vir Masimo dat dit n goeie aanbod is en aangesien die tyd min raak en dat die boer gese het jy skiet die ding sommer gou daar waar hulle die voer uitgooi en ek nie die versoeking kon weerstaan nie aanvaar ek toe die aanbod.Gelukkig vir die eland was hy nie daai middag honger nie want die skuiling is slegs 20 tree van die voer af en op daai afstand skiet ons grootwildjagters die ding mos sommer in sy oog.Maar ek moet se die 2 ure in die skuiling was beter as wat die manne in die boskroeg saam met die springbokke beleef het.So teen 17h00 toe ek en my gids begin aanstaltes maak na die oplaaipunt,hoor ons n skoot nie te ver van ons af nie,ons altwee hoor dis raak.Met groot afwagting wag ons vir die nuus oor die radios,die goed is nog ook n nuwe ding vir my in die jagveld,maar ek is vandag baie bly vir die nuwegeid,want toe die stem oor die radio kom en ek hoor dit is my seun Andre se ph wat praat kon ek nie stilstaan nie.Hulle was so 15 min. se harde loop van ons af.Andre het na n rooibokram geskiet,volgens sy ph WP, was dit n goeie skoot en dat daar n duidelike bloedspoor is.By die tyd kon ek nie meer wag nie en toe ek hulle twee in n tweespoor paaidjie sien,het ons laat weet ons kom help soek.So honderd tree van hulle af kom my seun nader aan my gehardloop en se vir my dat WP se hy hoef nie te worry nie want hy is seker daai ram gaan nie ver hardloop nie want dit was n hartskoot.By die tyd het die boer met sy spoorhond ook daar aangekom,en omdat die hond nog in sy leer stadium is het ons die hond kans gegee om die spoor te volg.150 tree verder kry die hond die bok.Ek kyk en kyk weer daar le die grootste rooibokram wat ek nog in die jagveld gesien het.Daar gaan n honderd verskillende gedagtes deur my kop,een van hulle was die bekommernis van hoe om vir Masimo te verduidlik dat die rooibokrammetjie wat Andre mag geskiet het nou heelwat meer gaan kos.Maar kyk ek het ook daardie middag iets in my seun sien gebeur,hy het voor my oe gegroei,seker met n goeie 3 duim,in sy lengte en in sy borsgedeelte.Hy het in daai paar minute groot geword.Ek het gedink na die 1995 wereldbeker ek nie weer so sal voel nie,maar ek is weereens verkeerd bewys, nie n honderd wereldbeker oorwinings kan daai gevoel beskryf nie.TROTS MAN TROTS Hy het ook sommer klaar n antwoord op my volgende vraag gehad,sien hy kon n vlakvark en rooibokram skiet en dit sou saam n R1200-00 kos en die trofeeram dieselfde,so toe maak hy n besluit oor wat hy nooit sal spyt wees nie.Saterdagaand word daar lekker gekuier om die vuur,ons bok telling lyk al beter.

Daar hang nou al n blesbokooi,rooibokram en rooibokooi,wat deur Rambo geskiet is in die koelkamer.Dit is dan ook die eerste aand wat daar darem teen n redelike tyd geeet word, so 21h00,want sien ek het die braaiwerk gedoen.Sondagoggend is ons almal wat nog nie n bok gekry het nie uit,ek is na n ander skuiling toe waar ons dink die elande gaan kom vreet,hulle was weer bang vir my en daag nie op nie, n trop blouwidebeeste kom maak n draai,my vinger jeuk toe al baie,ek waag toe n skoot,wat ek nooit moes geprobeer het nie,en ja daar kwes ek toe wragtig met n dooierus en al op so180 tree,dis nou volgens die gids, moet se dit het vir my eerder na so 500 meter gelyk.Wys jou net ons grootwildjagters kan ook stupid goed aanvang.Ek moet darem byse dat nie eers die bloedhond die bok kon kry nie,maar n mens voel maar nogsteeds baie sleg.Terug by die kamp het daar nog n rooibokooi en n baie klein koedoebulletjie geval.Volgens halfdutchman en sy gids was daai koedoe baie groter toe hulle deur die teleskoop gekyk het,maar bokkoors doen snaakse dinge aan n mens,vra maar die uwe.Die hele groep van ons en al die gidse is na brunch weer uit opsoek na daai wildebees, maar hy het soos n groot speld verdwyn.

Ek som die naweek as volg op,almal het dit geniet,party het hulle bok gekry en party nie. Nou vra ek vir julle, kan daar nou na ons groep as swak jagters verwys word,net omdat ons dit nie soos die puriste gedoen het nie,nee ek glo nie so nie,want ek glo dit gebeur nog op baie jagtogte,maar om in die IN jaggroepe te wees is mense mos te skaam/trots om te vertel van jagtogte wat nie reg verloop het nie.Al die engelse,dit is nou MAS.,PROF., HALFDUTCH, EN RAMBO het klaar gevra dat ek met die volgende jagtog begin reelings tref,so RUAN hou maar vir ons n naweek oop vir volgende jaar,want sien ek glo dat dit net kan beter gaan met ons jaggroep, want onthou ek het dit as n tradisionele jagnaweek gesien en as ons klomp dit saam geniet het en weer so wil maak kan ons seker maar,al pas dit nou nie almal nie.
O ja ek en Chris het toe darem die gepakkery bemeester, ons moes by die huis afpak.
Amper vergeet ek daar loop nog n paar groter rooibokramme in die 27 duim klas rond,kontak gerus vir RUAN BY 0824687324
 

EK WEET DAAR GAAN n PAAR PURISTE WARM ONDER DIE KRAAG RAAK, MAAR HOU INGEDAGTE DAT ONS ALMAL NIE DIESELFDE DINK OOR WAT VIR ONS LEKKER IS OF NIE.

Op die meegaande foto is my seun Andre en sy PH, WP. Andre is nou 15 jaar oud en dit was sy 4de jagtog.Hy het die ram op 180tree met n .303 geskiet,en dink dit is iets om op trots te wees.

JAGGROETE

DRIES WEBER

 

BACK
Andre and PH WP with Impala Ram shot with .303 at 180m